NewsNews

Hierdie huiswerkers mag werk

Jy sal maar moet vrede maak met die mop en die besem, want huisskoonmaak gaan vir ‘n rukkie nog baie se voorland wees. Net huiswerkers wat bejaardes, kinders, siek mense, en fisies en verstandelik gestremde mense versorg, asook inslaap-huiswerkers kon vanaf 1 Mei teruggaan werk toe. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele …

Jy sal maar moet vrede maak met die mop en die besem, want huisskoonmaak gaan vir ‘n rukkie nog baie se voorland wees. Net huiswerkers wat bejaardes, kinders, siek mense, en fisies en verstandelik gestremde mense versorg, asook inslaap-huiswerkers kon vanaf 1 Mei teruggaan werk toe. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake het verlede week die aankondiging gemaak, nadat aanvanklik gesê is huiswerkers van mense wat in Vlak 4 mag teruggaan werk toe, sal ook weer kan werk. Dit wil lyk of tuinwerkers eers in Vlak 3 van inperking weer sal kan werk. Onthou ook dat daar nou ‘n aandklokreël vir almal geld wat bepaal dat jy nie tussen 20:00 en 05:00 op straat mag wees nie, tensy jy ‘n geldige permit het om dan te mag rondbeweeg, soos in die geval van essensiële werkers.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button