Na die groot plesier om ‘n pienkvoet in die wêreld te verwelkom is ‘n jong egpaar van die dorp raadop gesukkel om hulle maand oue baba by Binnelandse Sake te registreer.
Dawid (25) en Chané (20) de Bruin het vanjaar op 5 April in die Johan Heyns-hospitaal ‘n pragtige baba-dogterjie Lalushka Chané ryker geword, maar sukkel sedertdien om hul kleinding se geboorte geregistreer te kry.
Die Covid19-pandemie is die oorsaak van al hulle kopsere. Die grendeltyd wat einde Maart aangekondig is het veroorsaak dat die normale prosedure in die hospitaal gevolg kon word nie.
Die egpaar is vandeesweek reeds twee keer na ure se gewag in ‘n ry by Binnelandse sake in Vanderbijlpark weggewys.
“Binnelandse Sake is nou weer oop, maar het nie ‘n toestel om mense se temperatuur te meet nie. Die publiek word nou na Vereeniging en Sebokeng verwys om nuwe geboortes te registreer. Ek dink nie dis regverdig nie, nie almal het vervoer om so ver te ry nie,” sê Daleen van der Schyff, Chané se ma.
*Die Herald se susterskoerant, Vaalweekblad, het vergeefs probeer om Binnelandse sake telefonies om kommentaar te nader.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: