News

Kinderhartjies klop warm vir hulle in uniform

Wanneer dit by omgee kom is selfs die kleinste hartjies geraak deur die nood wat vandag om ons gesien word te midde van die uitdagings van die Covid-19 pandemie. Die 5-jarige Kristi-Ann de Coning van Parys was baie bekommerd dat die polisie dalk nie in hierdie tyd kos sou hê om te eet nie. Haar …

Wanneer dit by omgee kom is selfs die kleinste hartjies geraak deur die nood wat vandag om ons gesien word te midde van die uitdagings van die Covid-19 pandemie.

Die 5-jarige Kristi-Ann de Coning van Parys was baie bekommerd dat die polisie dalk nie in hierdie tyd kos sou hê om te eet nie.

Haar boetie Adriaan Lewies (12) het toe met die blink plan vorendag gekom dat hul kolwyntjiekoekies vir die plaaslike polisielede kan bak wat so hard werk om ons veilig te hou en padblokkades beman.

Hulle het die bederf van omgee hartjies tesame met die prentjies wat hulle spesiaal vir hulle in uniform geteken het, vandag self gaan oorhandig.

N Tydjie gelede het Gazette ook berig oor die mooi gebaar toe daar by die padblokkade by die Vrystaat en Noordwes grens by Parys gebid is vir polisielede nadat die lede n predikant van Carletonville wat deur die padblokkade moes beweeg, gevra het om saam met hulle te bid.

Te midde van ons elkeen se vrese en kommer vergeet ons soms dat hulle wat elke dag in uniform is, ook bekommerd is oor hul gesinne, lang ure en dikwels in baie moeilike omstandighede moet werk.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button