News

Huisskoonmaak is vir ‘n rukkie nog baie se voorland

Nie alle huiswerkers kan terugkeer werktoe nie.

Jy sal maar moet vrede maak met die mop en die besem, want huisskoonmaak gaan vir ‘n rukkie nog baie se voorland wees.

Net huiswerkers wat bejaardes, kinders, siek mense, en fisies en verstandelik gestremde mense versorg, asook inslaap-huiswerkers sal vir eers na 1 Mei kan teruggaan werk toe. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake het Woensdagaand die aankondiging gemaak.

Saterdag is nog voorgestel is dat  mense wat in vlak mag teruggaan werk toe se huiswerkers ook sal kan teruggaan.

Dit wil lyk of tuinwerkers eers in vlak 3 van inperking weer sal kan werk.

 

Related Articles

Back to top button