NewsNews

Maatskaplike toelaes verhoog; verligting ook vir werkloses

Maatskaplike toelaes verhoog; verligting ook vir werkloses

Die WhatsApp-stelsel vir aansoeke vir die nuwe noodtoelaag vir werkloses wat vir die volgende ses maande in werking gestel word, is oor die naweek oopgestel, maar toe weer gesluit.
Die hoop was dat die aansoekstelsel moontlik vandeesweek nog in werking sou wees. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa), het Vrydag nog gesê dat hy besig is om sy stelsels in plek te kry om die noodtoelaag wat deur die regering ingestel is, te administreer.
President Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig dat werkloses in erge nood nou vir die R350 toelaag vir die volgende ses maande sal kan aansoek doen as hul geen ander bron van inkomste het nie. Hiervoor is R2 miljard deur die regering opsy gesit.
Daar is ook aangekondig dat alle ander maatskaplike toelaes verhoog word vir die volgende ses maande vanaf Mei tot Oktober.
Ouderdomspensioene
Ouderdomspensioene vir mense tot en met 75 jaar, sal dus vir die ses maande periode van Mei tot Oktober verhoog word van R1 860 per maand na R2 110, terwyl mense bo 75 jaar se toelaag sal styg van R1 880 na R2 130.
Gestremdes
Gestremdes en sorgafhanklikes se toelaag sal vir die volgende ses maande verhoog met R250 van R1 860 na R2 110.
Pleegsorg
Pleegsorgtoelaes verhoog met R250 vir die volgende ses maande van R1 040 na R1 290.

 

Related Articles

Back to top button