News

Kinderhuis se plan met ‘n blikkie vir ‘n masker

Die Abraham Kriel kinderhuis in Potchefstroom het met ‘n uitmuntende idee vorendag gekom om voedselnood te verlig met hul blikkie-vir-‘n-masker-inisiatief. Die uitreikingsprogram wat bloot begin het as ʼn goeie gebaar het binne weke  soveel steun gekry dat meer as 2000 blikkieskos reeds ingesamel is  vir behoeftige persone,  en 2500 maskers is  uitgegee. Die konsep agter …

Die Abraham Kriel kinderhuis in Potchefstroom het met ‘n uitmuntende idee vorendag gekom om voedselnood te verlig met hul blikkie-vir-‘n-masker-inisiatief.
Die uitreikingsprogram wat bloot begin het as ʼn goeie gebaar het binne weke  soveel steun gekry dat meer as 2000 blikkieskos reeds ingesamel is  vir behoeftige
persone,  en 2500 maskers is  uitgegee.

Die konsep agter die projek is eenvoudig. Individue wat materiaalmaskers benodig kan by die kinderhuis ʼn masker kom haal in ruil vir blikkieskos. Een blikkie is gelyk aan een masker.

Die toename in Coronavirus gevalle het tot gevolg dat groot hoeveelhede mense dringend opsoek is na maskers wat in vlak 4 van die nasionale inperking ʼn verpligting is.

En dit is juis hier waar die Abraham Kriel Kinderhuis ‘n manier  gevind  het om te help. Blikkieskos wat ingesamel word, word versprei aan hulpbehoewende persone wat dit benodig in die Potchefstroom area.

Abraham Kriel en die Potchefstroom Sakekamer het ook hande gevat  in hierdie uitdagende tyd, juis omdat die Potchefstroom Sakekamer
ook  deel uitmaak van die JB Marks Munisipaliteit se noodlenigingsprojek.

Die kinderhuis het al honderde maskers gemaak om te verseker dat die kinders en personeel se veiligheid eerste gestel word. ʼn Facebook plasing het die nuus soos ʼn veldbrand laat versprei. Die kinderhuis het verskeie navrae ontvang vanaf die publiek wat graag die projek wou ondersteun en maskers koop.

Die bestuur het toe vinnig planne beraam om die gemeenskap te help deur die maskers te ruil vir blikkieskos wat geskenk word aan behoeftige persone.
Die projek het reeds twee weke gelede begin en daar is steeds daagliks persone wat hul blikkieskos kom ruil vir maskers.

Christie Saayman, Hoof van Abraham Kriel sê: “Wat hierdie projek uniek maak, is dat ons help om die verspreiding van die virus te vertraag en terselfdertyd mense bystaan wat andersins
nie kos sou hê nie. Die reaksie van die gemeenskap is oorweldigend.”
Abraham Kriel Kinderhuis maak steeds maskers sedert die projek 16 April afgeskop het. “Ons sal voortgaan met die projek vir solank as wat daar ʼn behoefte is,” sê Saayman.

Related Articles

Back to top button