
‘n Span van 217 mediese werkers uit Kuba het Maandag by die Waterkloof lugmagbasis in Pretoria aangekom.
Die span is op versoek van die Suid-Afrikaanse regering hier om te help met die stryd teen Covid-19.
Die span sluit epidemiologiese kenners en kenners in biostatistiek en openbare gesondheid in, asook dokters wat plaaslike gesondheidswerkers sal kan help, ingenieurs vir die herstel en instandhouding van mediese toerusting en tegniese kundiges wat plaaslike kundiges kan help.
Die Kubaanse dokters, ingenieurs en tegnici sal in alle provinsies van Suid-Afrika ontplooi word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



