NewsNews

Kubaanse span van dokters, ingenieurs en tegnici kom SA help

Kubaanse span kom help met stryd teen Covid-19

‘n Span van 217 mediese werkers uit Kuba het Maandag by die Waterkloof lugmagbasis in Pretoria aangekom.

Die span is op versoek van die Suid-Afrikaanse regering hier om te help met die stryd teen Covid-19.

Die span sluit epidemiologiese kenners en kenners in biostatistiek en openbare gesondheid in, asook dokters wat plaaslike gesondheidswerkers sal kan help, ingenieurs vir die herstel en instandhouding van mediese toerusting en tegniese kundiges wat plaaslike kundiges kan help.

Die Kubaanse dokters, ingenieurs en tegnici sal in alle provinsies van Suid-Afrika ontplooi word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button