News

Vaal de Grace gholfbaan gesluit

Vaal de Grace gholfbaan gesluit

Terwyl gholfbane oor die land tans vir die inperkingsperiode gesluit is, het die gholfbaaneienaars van die Vaal de Grace-gholfbaan kort voor die aanvang van die nasionale staat van inperking op 26 Maart, aangekondig dat die baan permanent gesluit word.
Die besluit is om finansiële redes geneem.

Die sluiting van dié prag baan wat destyds deur gholfveteraan Nick Price op ‘n eiland in die Vaalrivier uitgelê is, en in 2008 geopen is, word as ‘n groot verlies vir Parys beskou, nie net vir gholfers nie, maar ook vir die dorp se gastehuis- en restaurantbedryf.
Oor jare is vele prestige gholftoernooie op die baan gespeel, waaronder ook die Nasionale SAPD gholfkampioenskappe in Februarie vanjaar, en die SA Senior Nasionale Dames gholftoernooi in Mei 2019. Groepe gholfspelers van oral oor het gereeld dubbelbesprekings op beide Parys se gholfbane gemaak vir gholf- en ander toere, omdat die dorp een van min plattelandse dorpe is met twee spog bane.
Wat Vaal de Grace se gholfbaan besonders maak is sy prag natuurskoon, ryk voëllewe, en die gedruis van die Vaalrivier terwyl jy jou rondte voltooi.

Dit is daarom nie verbasend dat gholfspelers op Fairway Golf SA die baan as van die tien top gholfbane gelys het waar hulle graag in 2020 sou wou speel nie. Die baan word ook onder die top 100 bane in SA gelys.

Die sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie, wat van die eerste permanente inwoners op die gholflandgoed was in 2009, meen gastehuise en besighede in die dorp, het gebaat as gevolg van die toerismewaarde wat die gholfbaan tot die dorp gevoeg het. So is die eerste laatnag inkopie-aand in Parys se hoofstraat verlede jaar met groot sukses gehou om die vroue wat deelgeneem het aan die SA Senior Dames Gholftoernooi die geleentheid te gee om Parys se unieke winkels te kon beleef. Ook Parys Info sê dat gholfers gereeld hul families saamgebring het juis omdat die dorp soveel kan bied vir die hele gesin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button