News

Dodetal staan nou op 75

Suid-Afrika se Covid-19 dodetal staan nou 75 met 3953 infeksies. Die wêreldsyfer vir sterftes staan op 190 858 en die infeksiesyfer wêreldwyd is nou 2 708 885. President Cyril Ramaphosa het Donderdagaand 23 April aangekondig dat SA van  ‘n vlak 5 inperking na ‘n vlak 4 status sal beweeg vanaf 1 Mei wat beteken dat …

Suid-Afrika se Covid-19 dodetal staan nou 75 met 3953 infeksies.

Die wêreldsyfer vir sterftes staan op 190 858 en die infeksiesyfer wêreldwyd is nou 2 708 885.

President Cyril Ramaphosa het Donderdagaand 23 April aangekondig dat SA van  ‘n vlak 5 inperking na ‘n vlak 4 status sal beweeg vanaf 1 Mei wat beteken dat sekere sektore van die ekonomie onder baie streng voorwaardes weer in bedryf gaan kom. Dit moet nog bekendgemaak word watter sektore ingesluit word en wat die plan met skole en universiteite is.

Kerklike byeenkomste en groepsbyeenkomste word egter steeds verbied, teaters bly gesluit en konserte sal nog nie gehou mag word nie.

Kroeë en sjebeens bly ook gesluit maar sigarette mag weer gekoop word.

Verbruikers sal ook ‘n wyer spektrum van produkte mag koop as wat tot nou toe toegelaat is.

Oefening sal ook weer toegelaat word maar onder baie streng voorwaardes. Daar is egter nog geen sprake van sportbyeenkomste of groeps sportaktiwiteite nie.

Related Articles

Back to top button