NewsNews

Goeie nuus vir rokers – hier’s die belangrikste aankondigings wat jy moet weet

Die presidensiƫle toespraak in kort

  • Vanaf 1 Mei word SA se nasionale staat van inperking verlig van vlak 5 (die strengste mate van inperking waar ons nou is) na vlak 4 wat sekere industrieĆ« sal toelaat om weer in bedryf te wees onder baie streng voorwaardes. Hierdie industrieĆ« sal later aangekondig word. So ook die situasie rondom skole en universiteite. Daar is ook gesĆŖ dat waar moontlik mense steeds van die huis af moet probeer werk.
  • Verbruikers sal toegelaat word om ‘n wyer spektrum van produkte te koop as wat tans toegelaat word.
  • Meer as 70 000 soldate word ontplooi om te help met die stryd teen die koronavirus as hulp vir die polisie, maar ook vir die gesondheidsinfrastruktuur en hulp met watervoorsiening.
  • Grense bly gesluit behalwe vir die repatriĆ«ring van Suid-Afrikaanse burgers.
  • Mense sal steeds nie tussen provinsies kan reis nie, behalwe vir begrafnisse en met die vervoer van goedere.
  • Daar sal openbare vervoer wees.
  • Die publiek word aangeraai om steeds by die huis te bly behalwe wanneer daar uitbeweeg word vir noodsaaklikhede of om te gaan werk. Veral ouer mense en mense met onderliggende siektetoestande is aangeraaio mĀ  ekstra voorsorg vir hul gesondheid te tref. Mense is ook weer aangemoedig om maskers te dra om hulself en ander om hulle te beskerm.
  • Groepsbyeenkomste behalwe begrafnisse, word steeds nie toegelaat nie. So ook nie godsdienstige groepsbyeenkomste nie.
  • Teaters sal gesluit bly en konserte nie gehou word nie.
  • KroeĆ« en sjebeens bly gesluit.
  • Sigarette sal vanaf 1 Mei weer te koop wees.

Related Articles

Back to top button