NewsNews

So bly Gleniffer se inwoners besig

So bly Gleniffer se inwoners besig

Om 100 mense vir langer as 21 dae saam op een perseel te wees, en boonop besig te bly, wil gedoen wees, maar by Gleniffer word seker gemaak die inperkingsregulasies word streng nagekom.
So word inwoners toegelaat om slegs een keer per dag dorp toe te gaan, en word daar in- en uit geteken sodat rekord gehou kan word van beweging.
Danksy mense se oop harte word gereeld boeke afgegee en is daar nou al ‘n hele biblioteek in die kleine vir inwoners om aan die lees te bly. Selfs ou tydskrifte word verwelkom, en is ‘n oefenfiets wat iemand gebring het, nou deel van die inwoners se daaglikse roetine om fiks en gesond te bly. Ander weer hou hul besig met houtwerk.
Die kinders van Gleniffer het by hul speelparkie hul eie ‘gimnasium’ prakseer waar daar so tussendeur die skoolwerk ontspan word. Ook hier het mense gehelp met data vir aanlyn skoolwerk. Met die hulp van die Red Ribbon projek, individue, Client Prison Care Ministries en die NG-emeente Parys-Oos, word seker gemaak dat elke inwoner versorg is – selfs diegene wat nie nou ‘n inkomste as dagwerkers of motorwagte kan verdien nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button