News

Kalf uit drein gered

Kalf uit drein gered

Plaaslike DBV-personeel moes verlede Woensdagoggend tot die redding van ‘n kalf kom wat die oggend omstreeks 08:00 in ’n stormwaterdrein in Vredefort geval het. Hulp was dringend nodig om die kalfie uit te kry, wat een van haar agterpote seergemaak het met die val in die bykans 2m diep drein.

Omdat hulp vanoor die provinsiale grens sou moes kom, is ook ondersteuning van die SAPD gevra en is blitsig gehelp om die bakkie, sleepwa en helpers deur die padblokkade op die provinsiale grens te kon kry. So is die kalfie uiteindelik om 12:30 uitgehaal en na ’n veearts geneem vir behandeling. DBV-inspekteur, Maggie Singh, sê dankie aan almal wat gehelp het met die reddingspoging asook die SAPD en veaartse vir die ondersteuning en hulp wat verleen is.

Onthou dat die DBV ook tydens die staat van inperking ’n essensiële diens verrig en naas die liefdevolle sorg wat elke dag aan die diere op die DBV perseel gegee word, steeds reageer op noodgevalle en klagtes van rondloper diere, mishandelde diere en diere wat deur hul eienaars agtergelaat word.

Dit is juis in moeilike tye soos hierdie wat daar ‘n groot behoefte is by die DBV vir blikkies honde- en katkos, komberse, finansiële bydraes of enige ander bydrae wat jy kan gee. Skakel asseblief die DBV se noodnommer 072 894 4061 as jy kan help sodat gereël kan word dat die skenkings opgelaai word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button