LetterOpinions

Uitbuiting gedurende inperking – R1300 om kraan van R140 te herstel!

“Ek het soos ‘n bedelaar by die winkel gesit en wag totdat iemand met ‘n permit opgedaag het om aankope te doen”- Leser.

Kyk net wat skryf  Dereck Van Niekerk van die Vaaldriehoek :

Van hierdie ‘essential services’ buit die publiek vreeslik uit. Gisteraand breek ons kombuiswasbak se koue kraan (bib tap). Ek kon darem die pyp afblok.

Vanoggend bel ek ‘n hardewarewinkel (gaan liefs nie besighede se name noem nie). Hulle het vir my ‘n kraan teen R140. Ek gaan soontoe, maar omdat ek nie ‘n permit het om te koop nie, mag hulle nie aan my verkoop nie, al is dit ‘n noodgeval.
Hulle gee toe vir my ‘n kaartjie van ‘n loodgieter wat kan help. Ek bel die man, hy vra my R1300 om die R140-kraan te koop. Dit is sy prys… of hy dit nou vir my kom insit of net koop en vir my gee.

Ek het maar soos ‘n bedelaar by die winkel gesit en wag totdat iemand met ‘n permit opgedaag het om aankope te mag doen. Kos my toe ‘n R50-donasie vir hom om die kraan te koop. Ek het dit met ‘n smile betaal!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button