NewsNews
Mense se harte oop vir dorp se nood
Talle borge buite Parys, sommige van sover as Bronkhorstspruit en Frankfort, het hul harte oopgemaak vir die geweldige voedselnood van talle in Parys, en is ‘n vrag met onder meer mieliemeel, brood, aartappels en groente vanoggend in Parys ontvang deur OCSA en die Red Ribbon voedselprojek. Een van die borge is Spar Bronkhorstspruit by wie …
Talle borge buite Parys, sommige van sover as Bronkhorstspruit en Frankfort, het hul harte oopgemaak vir die geweldige voedselnood van talle in Parys, en is ‘n vrag met onder meer mieliemeel, brood, aartappels en groente vanoggend in Parys ontvang deur OCSA en die Red Ribbon voedselprojek.
Een van die borge is Spar Bronkhorstspruit by wie vanoggend skenkings opgelaai is. Meer foto’s ook in hierdie week se Gazette.
Die voedsel sal gebruik word vir die kospakkies en warm etes waarmee tans al meer as 840 mense in nood gehelp word.
Ook kerke in die dorp is aktief betrokke by hulpverlening in die dorp aan hulle in ernstige nood.
Lees meer oor die skenking en die werk wat hierdie organisasies doen in vandeesweek se Gazette.
You can read the full story on our App. Download it here.