News

FAK Ekspo kyk vanjaar na kreatiwiteit met musiek-tema

Dit is weer tyd vir die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) se jaarlikse Internasionale Afrikaanse Ekspo. Vanjaar is die tema, ‘Musiek’. Dié opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans, bied juis nou die perfekte tydverdryf, en die kans om lekker pryse vir jou en jou skool …

Dit is weer tyd vir die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) se jaarlikse Internasionale Afrikaanse Ekspo. Vanjaar is die tema, ‘Musiek’. Dié opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans, bied juis nou die perfekte tydverdryf, en die kans om lekker pryse vir jou en jou skool te wen.

Wie kan deelneem?
Alle graad 1- tot 12-leerders en studente in Suid-Afrika en Namibië, asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik of bestudeer word, kan gratis deelneem. Daar is sewe kategorieë waarin jy jou kreatiwiteit kan uitleef met musiek as tema in gedagte.
Dit sluit in dagboekinskrywings, ‘n resensie, opstel, kortverhaal, poësie, fotografie en skilderkuns. Gr. 1- tot 5-leerders kan deelneem aan skilderkuns en poësie, terwyl alle ander leerders en studente aan al die kategorieë mag deelneem. Jy mag ook in een of meer kategorieë deelneem.

Wat kan jy wen?
Die wenskool ontvang R10 000, en die vier algehele wenners wat die uitblinkers was en die tema die beste beskryf het, of dit nou deur ’n foto, opstel of gedig was, ontvang die wisseltrofee en R2 000 kontant vir sy of haar skool.

Hoe neem jy deel?
Inskrywings kan op twee maniere ingedien word. Aanlyn by  ekspo.fak.org.za of per hand by die FAK-kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria.
Alle inskrywings moet teen 11 Julie ingehandig wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button