Ook die Bybelgenootskap van Suid-Afrika word swaar geraak deur die staat van inperking wat deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is.
Die Bybelgenootskap sê die kanale wat gewoonlik gebruik word vir die spoedige verspreiding van Bybels is nou onderbreek. Die gevolg is dat die genootskap se e-handelplatform tans nie beskikbaar is nie.
Mense kan wel Minette Jansen van Veuren, kontak by sales@biblesociety.co.za, ook vir inligting oor agterstallige bestellings. Die reëling sal van toepassing wees regdeur die staat van inperking. Die genootskap sal die publiek in kennis stel sodra sy e-handelplatform en verspreidingskanale weer in werking is.
You can read the full story on our App. Download it here.