
Parysenaars het vandeesweek weer geleentheid om op Donderdag, 16 April, vanaf 11:00-17:00 bloed te skenk by Shoprite Parys. Hierbenewens is daar ook geleentheid om op 14 April tussen 11:00 en 18:00 jou bloedbydrae te gee by die kerksaal van die Hervormde Kerk. Onthou dat die SANBD ‘n essensiële diens lewer.
Dankie aan elke Parysenaar wat met die vorige mobiele skenkersgeleenthede ‘n bydrae gegee het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


