Volgens Oosthuysen word daar saam met nie-regeringsorganisasies en raadslede van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gewerk om te identifiseer waar daar ’n behoefte in die gemeenskap bestaan.
Van die aartappels is reeds in sakkies verpak en uitgedeel.
Volgens Oosthuysen is daar tans ‘n groot behoefte in die gemeenskap. “Jou hart breek as jy sien wat hier aangaan,” sê hy.
Mense wat wil help om verligting te bied aan armes word versoek om met Oosthuyen in verbinding te tree by hennieo@midvaal.gov.za