NewsNews

Ingehok tot einde April

Inperking met 2 weke verleng

President Cyril Ramaphosa het pas aangekondig dat die staat van inperking wat op 16 April om middernag sou eindig, met nog ‘n verdere  2 weke verleng word, tot einde April.

Hy het Suid-Afrikaners bedank vir hul samewerking en gesê Suid-Afrikaners is mense wat saamstaan en verenig in tyd van krisis.

President Ramaphosa het gesê hoewel die aantal korona-virus gevalle wêreldwyd in die afgelope twee weke van 340 000 gevalle tot 1,5 miljoen gestyg het, het die staat van inperking in Suid-Afrika reeds vrugte afgewerp met die infeksietal wat die afgelope 2 weke met net 4% daagliks gestyg het. Daarteenoor het dit in die 2 weke voor inperking met nagenoeg 42% daagliks gestyg. Waar die SA-syfer op 27 Maart op 1 170 gestaan het, is daar nou 1 934 positiewe gevalle. Agtien mense het reeds aan die virus in SA gesterf.

Die president het gesê die stryd teen die virus is egter nog lank nie verby nie, en dat daar nie nou ontspan kan word nie.

Hy het die verlenging van die inperking gemotiveer deur te sê dat as die inperking te vinnig gestop word, die risiko sal bestaan dat die virus verder kan versprei en dat die afgelope twee weke se inperking dan niks sal beteken nie.

Hoewel die president geen doekies omgedraai het oor die ekonomiese impak van die inperking in SA nie, het hy gesê dat wat wêreldwyd gebeur oorweldigend i,s en dat inperking die regte ding was om te doen.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button