NewsNews

Ingeperk: Hoe gemaak met jou kind?

Ingeperk: Hoe gemaak met my kind?

Op 23 Maart kondig President Cyril Ramaphosa inperking vir ‘n periode van 21 dae aan. Ouers se moed sak in hul skoene. Die skool het reeds ‘n week vroeër gesluit. Hoe nou gemaak vir die volgende 21 dae? Kry ‘n nuwe roetine om die tyd gebalanseerd te versprei oor die verskillende aktiwiteite.

Hier is ‘n voorstel van ‘n goed gebalanseerde roetine:
Voor 09:00 – Opstaan, maak bed op en kry jouself gereed vir die dag. Maak ’n lekker ontbyt.
09:00-10:00 Buite-tyd – Spandeer tyd as gesin buite.
10:00-11:00 Akademiese tyd – Doen bietjie huiswerk, studietyd, bou legkaart of werk aan ‘n joernaal.
11:00-12:00 Kreatiewe tyd. Teken, bou lego, maak iets kreatiefs, bak
12:00-12:30 – Middagete
12:30-13:00 – Huistake – Maak kamer skoon, tyd vir speelgoed wegpak en diere versorg.
13:00-14:30 – Stiltyd – Lees, neem ‘n middagslapie, bou ‘n legkaart of doen joga.
14:30-16:00 – Tyd vir elektronika. Aanlyn aktiwiteite, opvoedkundige selfoon- of rekenaarspeletjies, of selfs ‘n virtuele museumtoer.
16:00-17:00 – Buite-tyd. Jy kan as familie weer tyd saam buite spandeer
17:00-18:00 – Aandete – eet saam, help saam as gesin kombuis opruim en skottelgoed wegpak.
18:00-19:00 – Badtyd
19:00-20:00 – Lees/TV-tyd
21:00 – Slaaptyd

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button