Op 23 Maart kondig President Cyril Ramaphosa inperking vir ‘n periode van 21 dae aan. Ouers se moed sak in hul skoene. Die skool het reeds ‘n week vroeër gesluit. Hoe nou gemaak vir die volgende 21 dae? Kry ‘n nuwe roetine om die tyd gebalanseerd te versprei oor die verskillende aktiwiteite.
Hier is ‘n voorstel van ‘n goed gebalanseerde roetine:
Voor 09:00 – Opstaan, maak bed op en kry jouself gereed vir die dag. Maak ’n lekker ontbyt.
09:00-10:00 Buite-tyd – Spandeer tyd as gesin buite.
10:00-11:00 Akademiese tyd – Doen bietjie huiswerk, studietyd, bou legkaart of werk aan ‘n joernaal.
11:00-12:00 Kreatiewe tyd. Teken, bou lego, maak iets kreatiefs, bak
12:00-12:30 – Middagete
12:30-13:00 – Huistake – Maak kamer skoon, tyd vir speelgoed wegpak en diere versorg.
13:00-14:30 – Stiltyd – Lees, neem ‘n middagslapie, bou ‘n legkaart of doen joga.
14:30-16:00 – Tyd vir elektronika. Aanlyn aktiwiteite, opvoedkundige selfoon- of rekenaarspeletjies, of selfs ‘n virtuele museumtoer.
16:00-17:00 – Buite-tyd. Jy kan as familie weer tyd saam buite spandeer
17:00-18:00 – Aandete – eet saam, help saam as gesin kombuis opruim en skottelgoed wegpak.
18:00-19:00 – Badtyd
19:00-20:00 – Lees/TV-tyd
21:00 – Slaaptyd






