
Mittal het twee dae gelede in ‘n verklaring gesê ArcelorMittal Suid-Afrika se kantore en bedrywighede het tans oor die land tot stilstand gekom in lyn met inperkingsregulasies, behalwe vir essensiële operasionele personeel wat nodig is vir onderhoud om skade aan die aanleg en toerusting te voorkom.
In enige vervaardigingsproses, en veral waar hoë energievlakke gebruik word vir vervaardiging, is afskakeling egter baie gekompliseerd en is die volgende in die verklaring gesê: “ArcelorMittal South Africa’s Vanderbijlpark Works shut down its rolling operations the day before the lockdown began and both blast furnaces were prepared and shut down in the days that followed. One coke battery remains fully operational to provide the necessary energy to hot idle the other batteries.”





