NewsNews

Só werk dit nou vir kinders van geskeide ouers

Só werk dit nou vir kinders van geskeide ouers

Die kontakregte tot minderjarige kinders wat ook deur die inperkingsregulasies geraak is, het vele ouer met ‘n kopseer gelaat.
Sussie is vir die skoolvakansie by pappa, maar begin verlang na mamma, en wie troos nou ‘n ou kleintjie wie snikkend sit en verklaar dat sy by mamma wil wees.
Die Minister van Sosiale Ontwikkeling het na die pleidooie van ouers geluister wie in baie gevalle ook nog die bekommernis het van besighede wat gesluit is en werknemers wie se toekoms onseker is, en dan boonop die inperking sonder hul kinders moes aanpak.
Volgens nuwe regulasies wat die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer het, is die beweging van ‘n kind tussen medehouers van ouerlike regte en verantwoordelikhede tydens die staat van inperking VERBODE behalwe in gevalle waar reëlings in plek is vir die kind om te beweeg van een ouer na ‘n ander, kragtens (a) ‘n hofbevel of (b) ‘n ouerskapplan wat reeds geregistreer is by die Kantore van die Gesinsadvokaat.
Daar is egter ‘n voorbehoud op hierdie beweging van kinders geplaas. Die wysiging aan die Regulasies lui in geen onsekere woorde dat waar dit bekend is dat ‘n kind in daardie omstandighede beweeg sal word na ‘n huishouding waar dit redelikerwys vermoed word iemand in daardie huishouding in kontak was met ‘n persoon wie Covid 19 opgedoen het, of redelikerwys van vermoed word om Covid 19 op te gedoen het, dit streng verbode is.
Daar is ‘n verdere voorbehoud op hierdie beweging van kinders geplaas, naamlik dat die ouers in hul besit die hofbevel of reeds geregistreerde ouerskapplan moet hê, of minstens ‘n gewaarmerkte afskrif daarvan.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button