News

Selfkwarantyn word steeds in die Noordwes toegelaat

Berigte wat die indruk skep dat die Departement van Gesondheid voortaan alle kwarantyn self gaan toepas, is verkeerd.

“Selfkwarantyn in die Noordwes provinsie sal steeds voortgaan. Berigte wat die indruk skep dat die Departement van Gesondheid voortaan alle kwarantyn self gaan toepas, is verkeerd.” So sê Tebogo Lekgwetwane, woordvoerder van Departement Gesondheid in die Noordwes provinsie.

‘n Skrywe (5 April) op die webwerf van die South African Government News Agency, getiteld Noordwes kwarantyn alle bevestigde Covid-19 pasiënte,  berig  dat die Departement van Gesondheid in die Noodwes provinsie besluit het om alle Covid-19 pasiënte en die persone waarmee hulle in kontak was onder hulle toesig te plaas om die verspreiding van die Covid-19 virus te stop.

Dit volg nadat ‘n persoon in Bloemhof wat positief getoets is, nie by sy huis opgespoor kon word nie en later op ‘n plaas naby Welkom vasgetrek is. Vroeër is ook berig dat ‘n pasiënt van Rustenburg na Mahikeng gereis het nadat hy positief vir die virus getoets is.

Volgens Madoda Sambatha, lid van die Noordwes Gesondheid se uitvoerende komitee, was die pasiënt wat in Welkom opgespoor is dadelik onder die sorg van die departement geplaas. “Om te voorkom dat die virus versprei, moet ons ten alle tye weet waar pasiënte van Covid-19 is asook die mense waarmee hulle in kontak was om te voorkom dat die virus verder versprei word”, sê Sambatha.

Hy sê verder dat Klerksdorp Hospitaal tans as die enigste Covid-19 hospitaal in die Noordwes provinsie aangewys is. Dit kan egter met die tyd verander, afhangende van die hoeveelheid pasiënte wat aangemeld word.

Pasiënte word eers in selfkwarantyn geplaas en word slegs gehospitaliseer wanneer hulle asemnood ervaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button