NewsNews

Koronaviruspandemie: Hier is moontlike scenarios wat ons in die gesig staar

Koronaviruspandemie: Hier is moontlike scenarios wat ons in die gesig staar

’n Ontwikkelingsekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) meen om die huidige koronaviruspandemie te oorleef, moet die huidige staat van inperking ’n sukses wees en die virus moet teen die einde van April onder beheer wees.

Prof. Danie Meyer, direkteur van die TRADE-navorsingsfokusarea by die NWU, sê dat dit ook van die uiterste belang is dat toonaangewende lande in Asië en Europa, asook die VSA, hulle stryd teen die virus moet wen en dat ’n entstof in die tweede helfte van 2020 beskikbaar moet wees.

Hy sê dat Suid-Afrika moet hoop dat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank ons te hulp sal kom met ’n baie groot reddingsaksie om die staatskuld te verlig. Strukturele veranderings wat vereis word, kan veranderings aan die gesondheidstelsel, ’n kleiner afhanklikheid van China vir handel, en ’n nuwe strategie vir ekonomiese ontwikkeling insluit.

 

Die impak van ’n onvoorsiene staat van inperking

Prof Meyer sê dat wêreldleiers met die finansiële krisis die ekonomiese probleem kon identifiseer en planne kon beraam om die impak op die ekonomie te beperk.

“Hulle kon sekerheid in onseker toestande skep. Daar word aanvaar dat onsekerheid die vernaamste vernietiger van ekonomiese ontwikkeling en groei is.”

Virus skep onsekerheid

“Met hierdie virus is daar geen sekerheid nie. Ons weet nie wanneer die pandemie tot ’n einde gaan kom, of hoe om dit te behandel nie, en ons is nie seker van die omvang van die ekonomiese impak nie,” sê prof Meyer.

Suid-Afrika staar die volgende scenario’s in die gesig:

Beste scenario (pandemie is onder beheer wanneer die staat van inperking op 16 April eindig):

Alles keer op 17 April terug na normaal, met skole en universiteite wat heropen, alle werkers wat terugkeer en besigheid wat hervat word.

Die meeste van ons vernaamste handelsvennote is steeds in ’n staat van inperking, hoewel internasionale vraglewering plaasvind. Plaaslike sakeondernemings kan ten minste op plaaslike vlak handel dryf. Besighede en die bedryf kan met “koop plaaslik”-veldtogte in plaaslike behoeftes voorsien.

Die eerste sowel as die tweede kwartaal sal negatiewe groei toon, met ander woorde ’n diep resessie, met werkloosheid wat bó die 30%-kerf styg en met ’n klompie besighede wat toemaak.

’n Gematigde scenario (pandemie eers teen die middel van 2020 onder beheer):

Die staat van inperking strek tot in Mei 2020 en die samelewing en besighede is eers vanaf Junie 2020 vir almal oop.nWêreldwyd is die pandemie nog nie verby nie, maar onder beheer. Geen internasionale reise nie, maar vraglewering is aan die gang. Teen daardie tyd het die resessie in Suid-Afrika tot in die derde kwartaal gevorder. Werkloosheid het tot 40% gestyg, met talle marginale sakeondernemings wat toemaak. Die regering sukkel om al sy verpligtinge na te kom en vra hulp van IMF.

Die swakste scenario (pandemie eers teen die einde van 2020 onder beheer):

Die virus is ná ’n tweede staat van inperking in Suid-Afrika nog nie onder beheer nie en sake keer eers teen die einde van die jaar na normaal terug.

Internasionale reise hervat eers aan die begin van 2021.nDie Suid-Afrikaanse resessie is nou ’n diep depressie en die akademiese jaar van die skole en universiteite is moontlik verlore. Die regering sukkel om sy skuldverpligtinge en salarisbetalings na te kom. Die IMF verskaf ’n reddingsboei met voorwaardes wat aan strukturele veranderings, insluitende die vermindering van die regering se loonrekening, gekoppel word.

Werkloosheid is teen die einde van 2020 meer as 45%, en groot getalle sakeondernemings het toegemaak.

Vir meer inligting, kontak vir prof Danie Meyer by 082 850 5656 of daniel.meyer@nwu.ac.za

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button