NewsNewsSchools

Uit die skoolhoof se kantoor

Uit die skoolhoof se kantoor

Mnr. Lucien van Zyl , skoolhoof Hoërskool Parys skryf:

Mnr. Lucien van Zyl.

Geagte ouers, leerlinge en personeel
Die krisis waarin die wêreld asook Suid-Afrika op die oomblik verkeer, is vir ons almal ‘n groot bron van kommer.
Nie een van ons kan met enige sekerheid voorspel hoe die dag van môre gaan lyk nie, maar dit is geen rede waarom ons onsself op moedverloor se vlakte moet bevind nie. Ek wil vir elkeen van julle die versekering gee dat, soos wat daar meer duidelikheid oor die res van die jaar se skoolprogram ontvou, dit deur middel van D6 en die SMS-stelsel met julle gekommunikeer sal word.
Wat op die oomblik seker die belangrikste is, is dat ons en ons gesinne absoluut alles binne ons vermoë moet doen om ons gesondheid in stand te hou.
Ons kan nie bekostig om nog verdere druk op ons land se gesondheidsinstansies te plaas nie.
Wat die skoolprogram betref, is daar op die oomblik baie hulp wat deur middel van die sosiale media versprei word, maar ek wil maan dat julle nie nou alles wat voorgehou word, probeer bemeester nie. Ek wil eerder versoek dat elke leerling die tyd gebruik om die werk wat tot op datum van die skoolsluiting afgehandel was, weer goed hersien.
Ek wil julle graag bemoedig deur te onderneem dat julle nie met massas werk toegegooi sal word wanneer die normale skoolprogram hervat word nie.
Ek is baie bewus van die matrieks se bekommernis met die oog op naskoolse studies en veral toelatings tot tersiêre instellings. Ons sal alles binne ons vermoë doen om elkeen (graad 8 tot 12) van julle toe te rus vir die promosie-eksamen aan die einde van die jaar.
Ek gee graag vir julle Psalm 23 as versekering en rigtingwyser in ons tyd van onsekerheid en vrees.
Geniet ook die “vakansie” met julle geliefdes en wees verseker dat ons Hemelse Vader ons die krag, insig en geloof sal gee om sterker hieruit te kom.
Groete

 

Mnr. Shaun Strydom, skoolhoof van Parys Primêre Skool skryf:


Liewe ouer/voog,
Wees verseker daarvan dat u as gemeenskapslid in hierdie moeilike tyd in ons gedagtes en gebede is. Hier waar ek sit en skryf, weet ek dat die gemeenskap ook ons skool in hul gedagtes en gebede hou!
‘n Paar gedagtes vir u om oor na te dink in hierdie tyd:
•Wend ‘n poging aan om uit die gebruiklike rotteresies (rat race) te ontsnap.
•Huishoudings hoef nie in tuisskole omskep te word nie.
•Moet asseblief nie “panic teach” nie.
•Ons skool werk nou saam met die Departement van Basiese Onderwys asook ander prominente rolspelers om te verseker dat ons, sodra die skool weer heropen, gereed en gerat sal wees om te onderrig. Die aanduiding is huidiglik dat verlore kontaktyd met relatief min moeite ingehaal sal word.
•Vestig en handhaaf ‘n daaglikse roetine. Maak tyd vir dinge soos kuier, speel, skermtyd, huistake, gebed en aanbidding en ook bietjie “skoolwerk” (verwys na ons Facebook-blad).
•Die doel van hierdie “skoolwerk” is slegs om ons leerders se intellekte skerp te hou in hierdie tyd. Lees asseblief genoeg. Doen inskerping van basiese wiskundige konsepte en vaardighede. Oefen handskrif. Die internet is vol van geloofwaardige skakels en webtuistes waar hierdie geoefen kan word. Indien u onseker is, neem die vrymoedigheid om u klas- of vakonderwyser te vra.
•Die skool maak gebruik van drie amptelike kanale van kommunikasie: Facebook, D6 Kommunikeerder en WhatsApp-groepe.
Dieselfde inligting sal op al drie kanale verskyn. Gaan loer gerus na die handige wenke en skakels wat reeds hier geplaas is, en hou dit dop vir toekomstige plasings!
•Ten slotte: Geniet die “blessing” van gesinstyd. Maak die beste daarvan, want as die skoot in die nuwe kwartaal klap gaan ons behóórlik hardloop!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button