News

…maar die slange seil nog

...maar die slange seil nog

Slange is steeds bedrywig in Parys – inperking of te nie. Die afgelope week is drie slange weer deur We Care se Wynand Nel gevang.
Hieronder tel twee pofadders en ‘n Aurora huisslang in onder meer Kortstraat, Weberlaan en Boomstraat. Daar was selfs weer aksie met ‘n likkewaan in die dorp.
Gazette het in Desember ook berig oor verskeie slange wat in die dorp gevang is, waaronder rinkhalse, pofadders en ‘n Kaapse Kobra – al drie baie giftig. Minstens vyf bruin huisslange is ook in Desember deur We Care gevang.
Dit is veral na die reën en met baie mense wat hul erwe skoonmaak en bourommel verwyder, dat dié adders kop uitsteek.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button