NewsNews

Tooi turkoois vir ons bejaardes

Inwoners en personeel by tehuise vir bejaardes word ook tans baie swaar geraak deur inperking.

Inwoners en personeel by tehuise vir bejaardes word ook tans baie swaar geraak deur inperking.
Daar is veral kommer oor items soos alkohol saniteermiddels, handskoene, maskers, vrugte en groente, sou verskaffers nie betyds kan lewer nie.

Personeel is onder druk en moet die rol van versorger, familie, vriend, geestelike ondersteuner en dikwels ook berader in hierdie tyd vertolk.

Juis daarom is personeel by Amot Maandagoggend bederf met ‘n bossie blomme by die onderskeie afdelings van die tehuis.
Maar jy kan ons bejaardes eersdaags ondersteun met die Tooi Turkoois vir Bejaardes-veldtog wat gestig is deur die NHSV van Suid-Afrika vir die bewusmaking van bejaardesorg.

Die veldtog strek elke jaar vanaf 15 Mei tot 15 Junie. Die opening is in Pretoria, maar dan volg verskeie veldtogte wat deur die NHSV-takke geloods word in verskeie dorpe.

Die gemeenskap word genooi om winkels, tehuise of kerke te versier met turkoois lap en uit te reik na die bejaardes in die vorm van ‘n bederfpakkie in turkoois toegedraai, ‘n kuier na inperking, of finansiële bydrae.

Daar sal ook plakkers en kentekens vir die veldtog verkoop word. Daar word selfs gehoop om die skole te betrek.
Meer inligting hieroor sal later beskikbaar wees.

Alle navrae oor hoe elkeen kan betrokke raak, kan gerig word aan Teresa Broodryk, verpleegkundige bestuurder by Amot by 079 070 5200.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button