News

Groot uitdagings vir polisie

Groot uitdagings vir polisie

Met die eerste sewe dae van inperking vir Suid-Afrikaners verby, was daar nog vele uitdagings en haakplekke vir hulle wat die inperkingsregulasies moes toepas. Padblokkades op die land se hoofweë, groot getalle mense wat in die strate beweeg met die uitbetaling van maatskaplike toelaes, en begrafnisse was vir die polisie van die grootste struikelblokke.

Hoewel baie hulle samewerking gegee het, was daar steeds diegene wat doelloos in die strate rondgedwaal het.

Die foto is Maandag geneem toe polisielede saam met die Ngwathe burgemeester gemeenskapsgesondheidsentrums, maatskaplike toelaag betaalpunte, die poskantoor, taxi-staanplekke en finansiële instellings besoek het, om die nakom van inperkingsregulasies by dié instellings te monitor.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button