Vaal-egpaar vertel van fratsongeluk en besoek aan ongevalle tydens inperking
Vaal-egpaar vertel van fratsongeluk en besoek aan ongevalle tydens inperking
Shaunn, ān IT-tegnikus en Melina-Lee ān onderwyseres (wat tans swanger is met hul eersteling), was Saterdag by hul woning bedrywig as wyse om hulself besig te hou tydens die inperking.
Shaunn het besluit om die motorhuis reg te pak en het in die proses ān stukkende glasblad, wat hy wou uitgooi, regop neergesit. Nadat die motorhuis skoon was, het Shaunn omstreeks 17:00 van die goedere begin terug dra in die motorhuis. In die proses het hy per ongeluk teen die stukkende gedeelte van die glasblad vasgeloop. Sy been is diep oopgesny en hulle het besef dat hy behandeling sou moes kry.
āOns was nie seker wat ons te doen staan ten opsigte van die inperking nie. Ek het eers ān paar mense geskakel om advies te kry voordat ons besluit het om te ry,ā vertel Melina-Lee.
Shaunn se besering was egter van so aard dat sodra hy sy been op die vloer gesit het, die wond weer erg begin bloei het. āOns het toe maar albei ons maskers en handskoene aangesit en klinkiek toe gery. Ons was baie bekommerd dat ons moeilikheid by ān padblokkade sou kry, maar het toe gelukkig nie.ā
Die egpaar is eers Vereeniging Mediclinic toe, maar omdat hul mediesefonds nie behandeling daar dek nie, is hulle aangeraai om deur te ry na Vanderbijlpark Mediclinic wat glo wel deur hul fonds gedek word. Hulle het omstreeks 18:00 daar opgedaag.
āBy Vereeniging Mediclinic het ek saam met Shaunn ingegaan en daar is vir ons gevra of ons hoes of moontlik siek is. Ons moes ons hande dadelik met ān ontsmettingsmiddel was.ā By Vanderbijlpark Mediclinic was daar egter strenger maatreĆ«ls en is Melina-Lee dadelik by noodgevalle uitgejaag.
āTerwyl Shaunn behandel is het ek maar die hele tyd buite in die motor gewag. Dit was nie lekker om nie te weet wat aangaan nie,ā vertel Melina-Lee. Omstreeks 20:00 was Shaunn klaar behandel en kon hulle huistoe gaan.
āDaar was nie enige mense by noodgevalle wat gehelp moes word nie. EkĀ moes alleen in ān kamer vir ān dokter wag. Ek het later redelik onrustig geraak dat mens so lank moes wag. Ek het begin dink ek moet maar huistoe en self die sny met vislyn gaan toewerk,ā vertel Shaunn.
Maar na die hele voorval gaan dit darem nou goed met Shaun. Hy het vier steke gekry en die wond is goed toegewerk. Die sny was ookĀ baie goed bedek met verbande en pleisters. Hy het ook ān klem-in-die-kaak-inspuiting gekry.
Daar is briewe aan hulle gegee as bewys dat hulle wel by die kliniek was vir ān noodgeval en dat hulle op 7 April sal moet terug sodat die steke verwyder kan word.
āEk was baie bekommerd oor my man en het by die padblokkade gevoel dat dit tyd mors. As dit ān baie ernstige besering is, is daar nie tyd vir verduidelikings by padblokkades nie. Daar was boonop ān aantal vragmotors voor ons wat alles opgehou het,ā vertel Melina-Lee. Die vragmotors is gelukkig afgetrek en die Strydoms kon verder ry sonder dat enigiemand hul ondervra het.
āDit was beslis ān senutergende ondervinding vir ons. As ons enige raad kan gee en hoe ons persoonlik voel is dit dat ons vir eerstehulpklasse gaan inskryf sodat dit moontlik is. Sodoende sal ons voortaan beter gerat en toegerus wees om sulke beserings te hanteer,ā sluit die Strydoms af.
https://vaalweekblad.com/59202/vaal-egpaar-vertel-van-fratsongeluk-en-besoek-aan-ongevalle-tydens-inperking/





