News

Bekommerd oor jou rybewys, motorlisensie – lees hier

Toetssstasies nou gesluit

Bekommerd oor jou rybewys of motorlisensie wat gedurende die inperkingstyd verval?

Minister Fikile Mbalula, Minister van Vervoer, het in die Staatskoerant afgekondig dat motorlisensies, rybewyse, bestuurspermitte en registrasies vir motors wat verval gedurende die inperkingsperiode van 21 dae, verleng word.

Dit beteken jou motorlisensie, rybewys, tydelike permit, professionele bestuurspermitte en padwaardige sertifikate sal nog as geldig beskou word in hierdie 21 dae al sou dit in hierdie tydperk verval, en word dit verleng vir ‘n verdere grasietydperk van 30 dae vanaf die datum waarop die staat van inperking verstryk, tensy die minister ‘n ander aankondiging in die verband maak.

Onthou dat toetssentrums en voertuigstatsie nou gesluit is vir die nasionale staat van inperking, en geld dit ook vir die toetsstasies in Parys en Vredefort.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button