News

So werk bankure

Let asseblief op die bankure

Onthou asseblief dat gedurende die inperkingsperiode sal banke steeds essensiële bankdienste lewer en sal jy van die kitsbanke gebruik kan maak.

Standard Bank

Standard Bank Parys sal op weeksdae oop wees van 09:00 tot 15:30. Saterdae is die tak oop van 08:30 tot 11:00.

Die bankure mag dalk aangepas word na 6 April afhangende van die kliëntevloei.

Die tak lewer steeds alle dienste, maar het mense gevra om asseblief geduldig te wees met slegs vyf kliënte op ‘n slag wat in die bank toegelaat word. Bankpersoneel doen hul bes om kliënte so vinnig en effektief moontlik te kan help. Respekteer die inperkingsmaatreëls wat daargestel word om jou en personeel te beskerm.

Capitec

Capitec Parys is oop van 09:00 tot 16:00 Maandag tot Vrydag vir essensiële bankdienste en ook hier word streng gehou by die inperkingsregulasies ten opsigte van “social distancing” en handsanitasie. Die tak sal egter van 28 Maart tot 11 April nie op Saterdae oop wees nie.

Kliënte is aangeraai om veilig te wees en te probeer om waar moontlik van die banktoepassing op jou rekenaar of selfoon, internetbankdienste of *120*3279# gebruik te maak om  rekeninge te betaal, onmiddellike betalings te doen, lugtyd te koop, state te kry en jou onderskeie rekeninge te bestuur. Capitec-kliënte wat krediet nodig het kan 0860 66 77 89 skakel.

Merushka van der Merwe van Capitec waar soos by ander banke streng toegangsbeheer is ter wille van “social distancing”.

FNB

FNB Parys se bankdienste gaan ook voort gedurende die inperkingstyd en word streng omgesien na die veiligheid van personeel en kliënte.

Bankure by die Parys-tak is van 09:00-15:30 Maandae tot Vrydae,  en op Saterdae van 09:00 tot 11:00.

As voorsorgmaatreël word by alle banke aandag gegee daaraan om die bank en kitsbanke en toepaslike omgewing higiënies te hou.

FNB het ook gevra dat mense waar moontlik hul banktoepassing en aanlyn bankdienste sal gebruik.

Handsaniteermiddels is by alle takke beskikbaar gemaak vir kliënte en personeel.

African Bank

African Bank Parys-tak sal vir nou oop wees op normale besigheidsure Maandae tot Vrydae 08:30-17:00 maar is GESLUIT OP SATERDAE. Ure mag aangepas word mettertyd en sal kliënte op hoogte gehou word.

Inligting oor Absa en Nedbank se bankdienste sal bygewerk word sodat dit verkry word. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button