SA se infeksietal staan nou op 1 280 , wat 93 meer gevalle is as die laaste gerapporteerde syfer.
Per provinsie is die syfers as volg:
Gauteng – 584
Wes-Kaap – 310
KwaZulu Natal – 167
Vrystaat – 72
Oos-Kaap – 12
Limpopo – 12
Mpumalanga – 11
Noordwes – 6
Noord-Kaap – 6
Die nasionale departement van gesondheid het ook ‘n tweede sterfgeval weens Covid-19 bevestig. Die man was 74 jaar oud en het saam met sy familie na die Kruger Wildtuin gereis. Hy is op 27 Maart positief getoets.
Die eerste sterfgeval was ‘n vrou van 48 wat in die Wes-Kaap gesterf het.