News

Bly aan die klets

Juis nou meer as ooit tevore is gereelde kommunikasie tussen familie en vriende belangrik. Hoewel kuier nie gedurende die inperkingsperiode moontlik is nie, is daar tog toepassings wat kommunikasie vergemaklik. Dink veral aan bejaardes en hulle wat alleen is. ‘n Oproep kan die wêreld se verskil maak vir iemand. Van die mees gewildste gratis klets-toepassings …

Juis nou meer as ooit tevore is gereelde kommunikasie tussen familie en vriende belangrik. Hoewel kuier nie gedurende die inperkingsperiode moontlik is nie, is daar tog toepassings wat kommunikasie vergemaklik. Dink veral aan bejaardes en hulle wat alleen is. ‘n Oproep kan die wêreld se verskil maak vir iemand.
Van die mees gewildste gratis klets-toepassings wat op selfone en rekenaars gebruik word sluit in die baie bekende WhatsApp, MicroSoft Teams, Messenger, Instagram, Google Duo, FaceTime, Viber, Signal, TeamViewer en Zoom.
Nie net kan jy met WhatsApp teksboodskappe stuur nie, maar kan jy selfs stemboodskappe stuur en ook oproepe en video-oproepe maak.
Onthou dat net soos WhatsApp kan jy ook oproepe met die Messenger en Instagram toepassings maak wat jou almal heelwat minder uit die sak sal jaag as ‘n gewone selfoonoproep. Onthou egter dat jy vir beide WhatsApp, Messenger en Instagram net oproepe tussen kontakte op dieselfde toepassing kan maak, en nie van een digitale platform na ‘n ander nie. Dit wil sê jy kan nie ‘n WhatsApp-oproep na ‘n kontak op Instagram maak nie.
Microsoft Teams werk byna soos Skype en albei is gratis om te gebruik. Veral kollegas sal Microsoft Teams geniet met tot 50 mense wat gelyktydig byvoorbeeld vir ‘n vergadering saam kan gesels en dit in die gerief van jou eie huis terwyl jy jou kollegas op jou rekenaar- of selfoonskerm sien. So oppas vir heeldag in die pajamas!
Zoom is op sy beurt ‘n gratis toepassing wat jy byvoorbeeld vir ‘n videokonferensie sal gebruik. Hier kan tot 100 mense inskakel.
Met Google Duo sal jy oproepe kan maak mits die persoon wat jy skakel ook die toepassing afgelaai het. Dit kan op enige Android-foon of Apple-toestel gebruik word.
Daarenteen is die FaceTime toepassing net vir Apple-gebruikers beskikbaar. Hiermee kan jy video en stemoproepe maak met tot 32 mense wat saam kan gesels, mits almal Apple-toestelle het. Die oproepe is gratis maar jy’t internet nodig. (Bron: Netwerk24)

Related Articles

Back to top button