NewsNews

Atleet in Potch wat positief vir virus toets terug na Frankryk

Atleet in Potch wat positief vir virus toets terug na Frankryk

Brigadier Vishnu Naidoo, die nasionale woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie, het bevestig dat die atleet op Dinsdag, 24 Maart vanaf die OR Tambo lughawe teruggevlieg het Frankryk toe.

Volgens Nela Mojanaga, hoofdirekteur van gesondheidsdienste van Dr. Kenneth Kaunda Distrik, was die atleet ‘n draer van die virus en het hy geen simptome getoon nie.

Die atleet het van 15-24 Maart by ‘n gastehuis tuisgegaan, maar was volgens die NWU se maatreëls verplig om eers vir die virus getoets te word, voordat hy by die ander oorseese atlete kon aansluit.

Volgens die eienaar van die gastehuis, het die atleet na bewering op 18 Maart die toets ondergaan en teen 21 Maart die uitslag gekry. Hy sê die atleet het die Franse ambasade geskakel wat hom aangesê het om terug te vlieg Frankryk toe voor die nasionale afsonderingsperiode in Suid-Afrika begin.

Mojanaga sê ‘n reaksiespan wat met die uitbreek van die virus reageer, het Woensdag, 25 Maart die ses persone waarmee die atleet in verbinding was, ingelig hoe om verder op te tree. Hulle is tans in kwarantyn by hulle huise.

* Die NWU volg streng regulerende maatreëls wat vereis dat oorseese besoekers en studente of dosente wat in ‘n privaat of amptelike hoedanigheid reis, eers vir 14 dae in kwarantyn moet bly, voordat hulle deur die Sentrum vir Beroepsveiligheid veilig verklaar word om in die gemeenskap te mag beweeg. Die woordvoerder van die NWU, Louis Jacobs, sê verder dat geen persoon wat moontlik blootgestel kon wees aan die virus, in enige fasaliteite van die NWU toegelaat sal word, alvorens hulle nie seker is dat die persone veilig is nie.

Related Articles

Back to top button