NewsNews

Isolasie inspirasie: Hou jou kruidenierslysie eenvoudig

Isolasie inspirasie: Hou jou kruidenierslysie eenvoudig

Nooit in ons wildste drome het ons ooit kon dink dat ons in ‘n posisie sou kom dat ons moes voorberei om te oorleef teen ‘n vyand wat jy nie kan sien nie, voorberei vir iets … in ‘n vreemde land, in ‘n vreemde kultuur.
Na ‘n heerlike seevakansie het ons in ons eie stad in China binne in ‘n “lockdown” situasie ingestap.
Vyf verdiepings bo moeder aarde, dalk een besoek per week aan ons plaaslike supermark, genoeg gevriesde patats vir drie maande (waarvan ons net twee pakkies geëet het), hoenderborsies, eiers, groente, ‘n handvol vitamines, gemaskerde gesigte met oë wat wonder as jy saam met hulle in die ry staan: “Is this the one from whom I will get the virus?”
Sestig dae later en die wêreld is in chaos.
“China, Italy, Spain, France, Germany, the USA and countless other countries in lockdown.”
En nou het nie net die gogga nie, maar ook vrees ons mense in Suid-Afrika beetgepak. Ander spot en lag vir die wat iets probeer doen, en dan is daar die wat dink dis net ‘n “common flu”.
Hoe hanteer ons die ding is die vraag wat ons kry? Ons antwoord in ses kort woorde opgesom “Kalm, verantwoordelik en op jou knieë.”
Hoekom nou? Hoekom ons, almal van ons? Dalk is ons juis gebore vir tye soos dié. Gebore om mekaar te ondersteun, te help en mekaar te bemoedig.

Ons isolasie wenke:
1. Ons is nie voorstaanders van die ‘ELBOW BUMP’ NIE. ‘n Glimlag of net ‘n hand in die lug sê dieselfde. Vir nou is dit eers genoeg.
2. ‘Social distancing’ geld nie net vir publieke plekke nie, dit beteken ook dat jy nie vriende oornooi vir ‘n braai nie. Jy nooi nie jou vriendin vir koffie nie, en jy reël verseker nie dat maatjies kom oorslaap nie.
3. Ons was aangeraai om nie ‘n verkoue te “self medicate” nie. Verkoue medikasie was selfs van die rakke verwyder. Bel jou dokter of apteker en vra hulp. Baie van die pasiënte sê dokters het aanbeveel dat hul baie vloeistof drink, soos kruie tee en warm water.
4. As jy in die openbaar was, was jou hande, maar maak ook jou foon skoon. As jy van die werk, of van die dorp af kom, gaan stort en gooi jou klere in die was.
5. MOENIE VAN JUL TROETELDIERE ONSLAE RAAK NIE. Daar is geen wetenskaplike bewyse dat diere kan aansteek nie. Pas julle dierekinders op.
6. Hou jul kruideniersware lysie so eenvoudig as moontlik. Maak gesonde keuses. Kyk na jou liggaam – jy het hom nodig in hierdie geveg.
7. Moenie vir die kinders lekkernye gee om hulle besig te hou nie. Vier weke by die huis sonder dat die kinders besig gehou word kan in ‘n baie slegte gewoonte ontwikkel.
8. Probeer in ‘n roetine bly, staan dieselfde tyd op, maak saam kos, eet saam en gesels met jou man, vrou en kinders, en BEL jou ma, pa, ouma of oupa.
9. Wees versigtig vir al die fopnuus wat so graag gedeel word. Kry vir jou betroubare bronne wat jy kan besoek vir inligting en maak ingeligte besluite.
10. Hoe kan jy besig bly? Wel hier is ‘n gedagte. Koop ‘n groot sak koekmeel. Dit kan gebruik word vir pannekoek bak, koek bak, vetkoek maak, brood bak, jou eie pasta maak en vir kunsprojekte vir die kids soos bv. paper mache, klei en handverf projekte.
11. Daag jou vriende uit om saam met jou deel te neem aan ‘n “fitness challenge”, deel foto’s en video’s en lag vir mekaar se flops. Dis ‘n goeie tyd vir DIY by die huis. Raak kreatief en maak die projek klaar waarvoor jy nooit tyd het nie.
12. Vind uit waar nood is. Maak ‘n kospakkie op, moenie jou werkers sonder ‘n inkomste by die huis laat sit nie. Doen wat jy kan, staan mense by, bring jou kant om nie die gesonheidstelsel te oorweldig nie, respekteer die owerhede se poging om die gogga te beheer, bid vir hulle vir wysheid, kalmte, vrede en liefde vir en onder mekaar. En die belangrikste – GLO!!! Moenie bang wees nie, klim uit die boot en loop op die water, want Hy is met jou!!

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button