Op die foto is die SAPD-duikers, sers. Tsokolibane en knst. Gagiano
Die liggaam van ‘n jong man vermoedelik in sy twintigerjare, is gistermiddag om 15:00 uit die Vaaldam gehaal nadat daar sedert die naweek na hom gesoek is.
Die man het saam met ‘n ander man op ‘n jet-skit op die dam gery, toe hulle weens sterk wind van die jet-ski afgeval het.
Omstanders wat die mans se nood gesien het, het dadelik probeer help en daarin kon slaag om die ouer man uit die water te haal.
Polisieduikers van Welkom en Bloemtontein, asook reddingshonde en hul hanteerders van die K9-eenhede in Bloemfontein en Sasolburg het onverpoosd gesoek sedert die naweek.
Die liggaam van die vrou wat op 14 Maart in die Vaaldam verdrink het, is ook deur dieselfde polisie-eenhede op Vrydag 20 Maart naby die eiland in DeNeysville gekry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.