News
Twee nooddienshelikopters en talle ambulanse op N1 na ernstige botsing
Twee noodhelikopters en talle nooddienste help om pasiënte te vervoer.

Voorlopige aanduidings is dat minstens nege mense vanmiddag gesterf het, en 14 pasiënte na onderskeidelik die Boitumelo, Vaalpark en Parys hospitale vervoer moes word na ‘n ernstige botsing op die N1 tussen die Vaal Plaza-tolhek en Engen One Stop vanmiddag ongeveer 14:00.
Drie voertuie was in die botsing betrokke waaronder ‘n vragmotor met ‘n vrag handsaniteermiddel, ‘n Chev bakkie en 22-sitplek minibus-taxi.

Twee nooddienshelikpters asook die provinsiale ambulansdiens, ER24, IMR, Netcare en VEC het gehelp om pasiënte van die toneel te vervoer.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


