NewsNews

Covid19: Besoekers beperk by plaaslike tehuise vir bejaardes

Covid19: Besoekers beperk by plaaslike tehuise vir bejaardes

Verskeie tehuise vir bejaardes in Parys het Vrydag 20 Maart al begin om besoekers te beperk tot en met 20 April, ter wille van die beskerming van hul bejaardes.

Volgens Elbé Ferreira, bestuurder by Najaarsrus, is daar sedert Sondag 22 Maart ‘n totale “lockdown” by Najaarsrus ingestel en word geen besoekers nou toegelaat nie.

By Sally Martin Park word besoekers vanaf Vrydag 20 Maart om 18:00 beperk, maar is die reëling slegs van toepassing vir bejaardes in kamers, die versorgingsafdeling en Alzheimer-gedeelte van die tehuis. Inwoners wat nog onafhanklik funksioneer in huise op die perseel, word tans nog nie deur die maatreël geraak nie. Die bestuur het wel versoek dat besoekers beperk sal word op die perseel en is streng maatreëls by die toegangshek ingestel.

Maatreëls om besoekers te beperk by Amot is ook Vrydag 20 Maart by Amot ingestel, het matrone Theresa Broodryk, bevestig.

Die maatreëls is in lyn met streng regulasies wat deur die regering ingestel is vir die beperking van verspreiding van die Covid-19 virus.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button