NewsNews

Ses hoor nou eers in April hul lot

Ses hoor nou eers in April hul lot

Die ses mans van Parys wat aangekla is van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba, sal nou na verwagting eers die week van 6 tot 8 April hul lot hoor wanneer regter Corné van Zyl ‘n verkorte en opgesomde weergawe van haar uitspraak in die Hoë Hof in Parys sal lewer.
’n Volledige geskrewe weergawe van haar uitspraak sal wel aan al die betrokkenes beskikbaar gestel word.
Regter Van Zyl sou vandeesweek van 17 tot 20 Maart voortgegaan het met uitspraak in die verhoor, maar moes die besluit om die hofverrigtinge uit te stel na die April-datum wat verlede jaar al op die hofrol geplaas is, geneem word in lyn met streng maatreëls wat ook nou by howe geld. Dit na president Cyril Ramaphosa se aankondiging Sondagaand 15 Maart, waarmee streng maatreëls ingestel is om die verspreiding van die Covid-19 virus te beperk.
Al ses beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren, se borgtog is verleng.
Die staat het in sy saak aangevoer dat die beskuldigdes, Tjixa en Jubeba, na bewering sodanig op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip sou aangerand het, dat hul kort daarna in die Parys en Pelenomi-hospitale onderskeidelik aan hul beserings beswyk het.
Die oorledenes is vasgetrek nadat ‘n groot aantal mense gereageer het op ‘n noodroep van Loedie van der Westhuizen sr. na ‘n plaasaanval op sy plaas Biesiesbult, ook in die Weiveld-distrik. Hy is sedertdien oorlede.
Die verhoor is oor die afgelope vier jaar gekenmerk deur vele oponthoude.
Al ses ontken skuld op die klagtes van moord.
Boeta en Loedie is ook aangekla van regsverydeling.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button