Terwyl die wêreld spreekwoordelik hande vat om die verspreiding van Covid-19 te beperk, is fisiese kontak en derhalwe ook handskud iets wat liefs vermy moet word. Pleks van bladskud, word daar nou met die elmboog gegroet soos president Cyril Ramaphosa ook gedemonstreer het toe hy die Suid-Afrikaanse publiek tydens ‘n spesiale kabinetsitting Sondagaand toegespreek het om maatreëls aan te kondig om die verspreiding van die virus te beperk.
Maar dié informele groetwyse waar mense elmboë raak, is geen nuutjie nie. Dit is al wyd gebruik met die griepuitbrake in 2006, 2009, 2012/2013, en selfs met die Ebola-uitbraak in 2014.
Die woord, “elbow bump” is selfs in 2009 oorweeg as Woord van die Jaar deur die New Oxford American Dictionary.
You can read the full story on our App. Download it here.