NewsNews
SA Covid-19 getalle styg tot 116
Teen Woensdag 18 Maart was daar reeds 116 bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika met 31 nuwe gevalle wat vandag (Woensdag 18 Maart) aangemeld is. Gister (Dinsdag 17 Maart) is 23 nuwe gevalle gerapporteer. Dit beteken dat Gauteng nou tans 61 gevalle het, Limpopo 1, Mpumalanga 4, die Wes-Kaap 31 en KwaZulu Natal 19 gevalle. …
Teen Woensdag 18 Maart was daar reeds 116 bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika met 31 nuwe gevalle wat vandag (Woensdag 18 Maart) aangemeld is.
Gister (Dinsdag 17 Maart) is 23 nuwe gevalle gerapporteer.
Dit beteken dat Gauteng nou tans 61 gevalle het, Limpopo 1, Mpumalanga 4, die Wes-Kaap 31 en KwaZulu Natal 19 gevalle.
In totaal is 3 070 mense in Suid-Afrika nou al getoets vir die virus, met 2954 van dié toetse wat negatief was. Geen sterftes as gevolg van die Covid-19 virus is nog aangemeld nie.
Die eerste geval in Suid-Afrika is op 5 Maart bevestig.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



