NewsNews

Rand Water se geduld op

Rand Water se geduld op

Die Ngwathe munisipaliteit kon na wat betroubaar verneem is, Maandag ‘n krisis met Rand Water afweer, nadat dié munisipaliteit een van drie munisipaliteite was wat gewaarsku is dat waterdruk na Heilbron verminder gaan word as die waterrekening nie betaal word nie.
Rand Water voorsien drinkwater aan Heilbron, anders as Parys wat drinkwater direk uit die Vaalrivier onttrek en dus nie deur so ‘n maatreël geraak sou word nie.
Volgens rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus, het die munisipaliteit Maandag ‘n betaling aan Rand Water gemaak.
Die kwessie oor die Rand Water-rekening is ook verlede week aangeroer tydens die Ngwathe burgemeester se taakspan-vergadering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button