Die Ngwathe munisipaliteit kon na wat betroubaar verneem is, Maandag ‘n krisis met Rand Water afweer, nadat dié munisipaliteit een van drie munisipaliteite was wat gewaarsku is dat waterdruk na Heilbron verminder gaan word as die waterrekening nie betaal word nie.
Rand Water voorsien drinkwater aan Heilbron, anders as Parys wat drinkwater direk uit die Vaalrivier onttrek en dus nie deur so ‘n maatreël geraak sou word nie.
Volgens rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus, het die munisipaliteit Maandag ‘n betaling aan Rand Water gemaak.
Die kwessie oor die Rand Water-rekening is ook verlede week aangeroer tydens die Ngwathe burgemeester se taakspan-vergadering.
You can read the full story on our App. Download it here.