News

Help asseblief om dié rekord te breek

120 eenhede kort nog

Na 15:00 vanmiddag het die mobiele skenkerskliniek van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nog net 30 eenhede bloed gehad wat deur Parysenaars geskenk is.

Gou spring – die skenkerskliniek kan vandag nog tot 19:00 in die kerksaal van die Hervormde Kerk h/v Loop- en Paulsenstraat besoek word.

Daar word gehoop om die bloedskenkrekord vir Parys te breek met ‘n doelwit van 150 eenhede.

Anel Oelofse doen haar deel vir die SANBD

Onthou daar wag ‘n verrassing op elke bloedskenker.

Related Articles

Back to top button