News

Covid-19: Weet wat die feite is

Covid-19: Weet wat die feite is

Met die skrywe van dié artikel het daar reeds meer as 5 300 mense wêreldwyd aan die Covid-19 virus gesterf. Italië is in “lock down” met alle skole wat gesluit is, publieke byeenkomste word verbied, en mense moet tuisbly, terwyl Spanje die jongste land geword het om ‘n noodtoestand af te kondig.

Wêreldmarkte toon skokkende verliese, oliepryse val skerp. Daar is byna nie ‘n sektor van ons samelewing wat nie geraak word nie. Ekonomie, onderwys, toerisme ensovoorts. Almal inderdaad in rep en roer, veral ook aangevuur deur die media wat deur selfone ons op hoogte kan hou van die nuutste verwikkelinge.

Tans is daar reeds 51 bevestigde Covid-19 gevalle in Suid-Afrika.

Die feite:

Die Carona-virus is eintlik ‘n groot familie van virusse oorspronklik van diere afkomstig. Redelike onlangse epidemies van die Corona-virus was bekend as die Midde-Ooste Respiratoriese sindroom (MERS-CoV 2012) en SARS-CoV in 2002.  Covid-19 is ‘n nuwe variant van Carona wat nog nie tevore in mense opgemerk is nie.

Soos meeste van ons reeds weet het dit sy oorsprong in China gehad, en vinnig na ander wêrelddele versprei.

Interessant is dat die oorweldigende meerderheid van geaffekteerde persone volwasse en ouer persone is. Slegs so paar dae gelede is die eerste kinders 10 jaar oud positief getoets. Hulle blyk ligte simptome te ervaar en herstel ook vinniger.

Die meeste persone wat deur die virus geaffekteer word, sal matige simptome toon. Dertien persent van persone benodig meer indringende mediese sorg en plus minus 4% van geaffekteerde pasiënte sterf aan die virus. Wêreldwyd is nog geen sterftes van kinders 0-9 jaar ten tyde van die skrywe aangeteken nie.

Simptome:

  • Koors bo 38 grade
  • Droë hoes
  • Asemhalingsprobleme
  • Seer keel
  • Loop neus
  • Meer as 80% mense het feitlik geen simptome nie. Simptome kan begin binne 2-14 dae as jy infeksie het.

Wat moet jy doen as jy vermoed jy kon aangesteek het?

  • Kontak jou algemene praktisyn. Al ons plaaslike dokters is ingelig oor protokol wat gevolg moet word.
  • Jy kan ook die NICD (National Institute for Communicable Diseases) hulplyn skakel by 082 883 9920 of 066 562 4021.

Die heel beste benadering is inderdaad voorsorg vir ander infeksies ook

  • Was jou hande gereeld
  • Vermy sover moontlik om aan jou oë, neus of mond te raak.
  • Hoes in ‘n snesie en gooi dit weg daarna.
  • Bly tuis as jy siek is.
  • Hou oppervlaktes waarop daar gewerk en kos gemaak word skoon.
  • Heroorweeg jou reisplanne.

Wat van maskers?

Maskers is voordelig om te keer dat ‘n siek persoon nie ander aansteek nie of wanneer ‘n persoon in direkte kontak was met ‘n geïnfekteerde individu.

Die data tot nou toe van Covid-19 is onseker hoe effektief maskers werklik is. Tans word maskers nie aanbeveel vir gesonde individue nie.

Behandeling

Daar is tans geen effektiewe behandeling vir die Covid-19 virus nie. Behandeling is simptomaties, waarmee ons plaaslike aptekers en dokters kan help Daar is verskeie nutrisionele aanbevbelings byvoorbeeld Zink, vitamien C en Beta-glucan beskikbaar wat ‘n beduidende impak op virus replikasie en herstel van ‘n siek persoon ken bespoedig, asook om die immuunsisteem te versterk. Ernstige gevalle word uiteraard gehospitaliseer.

Ek glo verder dat ons huidige warm, somer temperature met vogtige lug voordelig is en die verspreiding van die virus beperk. (Inligting verskaf deur dr. Walter Bell).

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button