SA se derde Covid-19 geval bevestig
Die vrou van die man wat die eerste bevestigde geval van die koronavirus in Suid-Afrika was, het ook nou positief getoets vir die virus. Dié bevestiging is vanoggend, Sondag 8 Maart deur die departement van gesondheid gegee. Die egpaar is van Hilton in KwaZulu Natal en was deel van ‘n toergroep van 10 mense wat …

Die vrou van die man wat die eerste bevestigde geval van die koronavirus in Suid-Afrika was, het ook nou positief getoets vir die virus.
Dié bevestiging is vanoggend, Sondag 8 Maart deur die departement van gesondheid gegee.
Die egpaar is van Hilton in KwaZulu Natal en was deel van ‘n toergroep van 10 mense wat Italië besoek het. Hulle was op 1 Maart terug in Suid-Afrika.
Die departement het ook bevestig dat die ander mense in die toergroep getoets is en dat hul uitslae binne 48 uur verwag word
Die tweede geval wat in SA wat bevestig is, was ‘n vrou van Gauteng wat ook deel was van die toergroep.
Intussen is mense aangeraai om seker te maak van feite oor die virus en nie uit vrees paniekerig te raak nie.
Wat wel belangrik is, is om jou hande gereeld en deeglik met seep en water te was of ‘n handreiniger met alkoholbasis te gebruik.
Lees ook:





