News

SA se derde Covid-19 geval bevestig

Die vrou van die man  wat die eerste bevestigde geval van die koronavirus in Suid-Afrika was, het ook nou positief getoets vir die virus. Dié bevestiging is vanoggend, Sondag 8 Maart deur die departement van gesondheid gegee. Die egpaar is van Hilton in KwaZulu Natal en was deel van ‘n toergroep van 10 mense wat …

Die vrou van die man  wat die eerste bevestigde geval van die koronavirus in Suid-Afrika was, het ook nou positief getoets vir die virus.

Dié bevestiging is vanoggend, Sondag 8 Maart deur die departement van gesondheid gegee.

Die egpaar is van Hilton in KwaZulu Natal en was deel van ‘n toergroep van 10 mense wat Italië besoek het. Hulle was op 1 Maart terug in Suid-Afrika.

Die departement het ook bevestig dat die ander mense in die toergroep getoets is en dat hul uitslae binne 48 uur verwag word

Die tweede geval wat in SA wat bevestig is, was ‘n vrou van Gauteng wat ook deel was van die toergroep.

Intussen is mense aangeraai om seker te maak van feite oor die virus en nie uit vrees paniekerig te raak nie.

Wat wel belangrik is, is om jou hande gereeld en deeglik met seep en water te was of ‘n handreiniger met alkoholbasis te gebruik.

Lees ook:

Maskers en handreiniger vlieg van die rakke

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button