News

Jongman sterf na tref-en-trap ongeluk

Familie soek na ooggetuies, inligting

Die 24-jarige Ruan Voges is Saterdagaand in ‘n Bloemfonteinse hospitaal oorlede nadat hy Vrydagaand 6 Maart in Breëstraat kritiek beseer is in ‘n tref-en-trap-ongeluk.
Ruan wat in Springs gevestig was, het in Parys gekuier. Hy wou oënskynlik Breëstraat kruis toe hy  raakgery is.
Familie van Ruan het Saterdag ‘n ernstige pleidooi gerig tot ooggetuies of mense wat inligting het oor die ongeluk om na vore te kom.
Ruan se broer, Ronnie, het ook ‘n beloning van R1 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle opsporing van die persoon wat Ruan raakgery het. Mense wat inligting het is gevra om Ruan se sussie, Elzette te skakel by 073 068 9811. Die saak is by die polisie aangemeld.

Ons innige medelye met Ruan se familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button