Photo GalleriesSport

Drie Parys-spanne in Noordwes Premier-liga

Drie Parys-spanne in Noordwes Premier-liga

Na afhandeling van Noordwes rolbal-liga, het Parys-rolbalklub twee medaljes ingepalm. Die eersteliga vrouespan wat bestaan uit Marie Uys, Stienie Brown, Theresa Jones en Amanda Bester het goud gewen toe hulle vir PCC in die finaal geklop het. Dit beteken dat die Parys-klub volgende seisoen twee vrouespanne in die Noordwes Premier-liga sal hê.
Die Parys-span bestaande uit Rudi Jacobs, George Lotter, Jaco Nel en Raymond Loubser het die silwermedalje in die Premier-liga gewen met die Potchefstroom-rolbalklub se Pierre Breitenbach en sy span wat goud gewen het Vir hulle is dit die vierde keer in ‘n ry.
In ander uitslae het PCC se mansspan die eersteliga gewen en die klub sal vir die eerste keer in tien jaar weer ‘n mansspan in die Premier-liga hê.
Lafarge se vrouespan het die vroue Premier-liga gewen met Potchfstroom-klub in die tweede plek. Orkney se mansspan het die silwermedalje in die mans eersteliga gewen.
Die vroue en mansspan van Mafeking het beide laaste geëindig in die Premier-liga en skuif aanstaande seisoen af na die Eersteliga.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button