NewsNews

Raakgery en vir dood gelos: Familie soek ooggetuies

Jongman kritiek in Bloemfonteinse hospitaal

Die familie van Ruan Voges (24) is baie dringend op soek na enige ooggetuies van ‘n ongeluk wat Vrydagaand 6 Maart in Breëstraat, Parys, plaasgevind het.

Volgens Ruan se sussie, Elzette, het Ruan  wat van Springs is,in Parys gekuier.  Hy wou klaarblyklik Breëstraat kruis toe hy raakgery is. Die skuldige persoon het oënskynlik ‘n grys of silwerkleurige Bantam of Corsa bakkie gery.

Ruan is aanvanklik eers by die Parys-hospitaal gestabiliseer en toe oorgeplaas na ‘n Bloemfonteinse hospitaal. Sy toestand is uiters kritiek. Elzette het gevra dat mense vir Ruan sal bid dat hy moet veg en nie moet opgee nie. Ook dat die volgende 48 uur kritiek is vir Ruan.

Die saak is by die polisie aangemeld.

Ruan se broer, Ronnie, het intussen ‘n beloning van R1 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle opsporing van die persoon wat Ruan raakgery het.

As jy ‘n ooggetuie was of enige inligting het skakel asseblief vir Elzette by 073 068 9811.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button