NewsNews

Vroue bid saam op Wêreldbiddag

Vroue bid saam op Wêreldbiddag

Dwarsoor die wêreld word die eerste Vrydag in Maart interkerklik gevier as Wêrelbiddag vir Vroue. Christen-vroue van alle kerklike denominasies kom op hierdie dag bymekaar om saam te bid.
Die gebruik dateer uit 1887 uit die VSA. In Suid-Afrika is die eerste Wêreldbiddag in 1930 in Seepunt, Kaapstad, gehou. In 1946 is die nasionale komitee gestig wat jaarliks die biddag in Suid-Afrika reël. Elke jaar word daar ’n land aangewys om die program saam te stel en te fokus op gebedsake in hul eie land.
Vanjaar is dit Zimbabwe se beurt. Die tema vir 2020 kom uit Joh. 5:1-9: “Staan op, neem jou mat op en loop!”
In Parys sal die biddag môre, Vrydag 6 Maart, om 10:00 in die NG Kerk Parys-Suid (Delverstraat), gehou word. Kom luister na interessanthede oor Zimbabwe en kom deel in dié gebedsgeleentheid. Die Biddag vir Mans sal Saterdag 7 Maart om 07:00 ook by die NG gemeente Parys-Suid gehou word.
’n Dankoffer sal opgeneem word vir die Bybelgenootskap van SA vir Bybelverspreiding. Almal is welkom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button