NewsNews

Weer genade by die petrolpomp

Motoriste kan weer verligting by die brandstofpompe te wagte wees vir Maart. Voorlopige aanduidings is dat die petrolprys met 19 sent per liter sal daal en diesel met 55 sent per liter. Dit sal reeds die derde maand in n ry wees dat motoriste verligting  kry met petrol wat dan in totaal reeds vir 2020 …

Motoriste kan weer verligting by die brandstofpompe te wagte wees vir Maart. Voorlopige aanduidings is dat die petrolprys met 19 sent per liter sal daal en diesel met 55 sent per liter.

Dit sal reeds die derde maand in n ry wees dat motoriste verligting  kry met petrol wat dan in totaal reeds vir 2020 46 sent per liter goedkoper geword het.

Onthou egter dat minister Tito Mboweni in sy begrotingsrede reeds gesê het dat die brandstofheffing op 1 April met 16 sent per liter styg en die padongelukkefonds met 9 sent per liter.

Dus kan motoriste na Maart se daling hul bes moontlik vir ‘n prysverhoging in April staal.

 

Related Articles

Back to top button